|
Veel meer as net ’n woordeboek |     
|
|   Tuis                          
|
 TUIS
Ons vlagskepe
Ons profiel Pearson Woordeboeke SA is ’n afdeling van Pearson Education South Africa (PESA), ’n volle filiaal van die Maskew Miller Longman-groep (MML), die land se grootste opvoedkundige uitgewer. Pearson Education soek, ontwikkel, publiseer en bemark opvoedkundige, naslaan- en leefstylbronne, in sowel gedrukte as elektroniese formaat, ter ondersteuning van persoonlike en professionele ontwikkeling vir gebruikers van alle ouderdomme en vlakke van geletterdheid. Maskew Miller is in 1893 in Suid-Afrika gestig. Sowat 100 jaar later het die maatskappy met Longman Suid-Afrika saamgesmelt en verder ontwikkel tot die grootste en mees suksesvolle uitgewer van leermateriaal in Afrika vandag. Met inbegrip van PESA bied MML opvoedkundige produkte vir voorskoolse kinders en leer by die huis, vir laer- en hoërskoolonderrig, tegniese en akademiese opleiding, voortgesette opleiding in die werkplek en individuele ontwikkeling. MML is die grootste uitgewer van skoolboeke in Suid-Afrika. Die Maskew Miller Longman-groep behoort aan Pearson Education (’n maatskappy in die stal van Pearson plc) en die CTP/Caxton-groep. CTP/Caxton gee ’n groot aantal tydskrifte en koerante uit en is een van die grootste kommersiële drukkers in die land. Die maatskappy vervaardig ’n verskeidenheid skryfbehoeftes en spesialiseer ook in verpakking vir uiteenlopende behoeftes. CTP/Caxton se besighede en titels sluit onder meer in:
Pearson plc is ’n internasionale mediamaatskappy wat wêreldwyd die toon aangee in opvoedkunde, sake-inligting en gemeenskapspublisering. Pearson help kinders en volwassenes om te leer, sakelui om besluite te neem en lesers om hul kennis op te knap of met ’n goeie boek te ontspan. Die groep omvat drie kernondernemings:
As opvoedkundige uitgewer is Pearson Education die wêreldleier. Die maatskappy is ten nouste gemoeid met die opvoeding van sowat 100 miljoen mense in talle lande. Deur voortreflike gedrukte en elektroniese programme, gerugsteun deur wetenskaplike navorsing uit die boonste rakke, bemagtig Pearson leerders, studente en professionele mense van alle ouderdomme om op haas elke vakgebied selfstandig te leer en teen hul eie pas te vorder. Drukname van Pearson Education (almal deur Pearson Education SA versprei) sluit in: |
![]() |
|||