HAT Afrikaanse skoolwoordeboek en HAT Afrikaanse sakwoordeboek
Jana Luther
Die splinternuwe HAT Afrikaanse skoolwoordeboek − ook in ’n kleiner formaat as die HAT Afrikaanse sakwoordeboek beskikbaar − bevat meer as 30 000 Afrikaanse woorde en hul verbuigings, idiome en vaste uitdrukkings.
Betekenisse word met behulp van eenvoudige definisies verduidelik en deur duisende natuurlike voorbeeldsinne en -frases en meer as 300 illustrasies toegelig. In ooreenstemming met die vereistes van die Nasionale Kurrikulum bevat die woordeboek ook inligting oor die herkoms van woorde, intensiewe vorme en manlike en vroulike vorme.
Sinonieme, antonieme en talle tesouruskassies help leerders hul woordeskat uitbrei, en ’n verskeidenheid kassies met nuttige inligting oor spelling en korrekte taalgebruik is ingesluit. Agterin die woordeboek is daar ’n uitgebreide lys Afrikaanse afkortings, plus ’n volledige lys terme wat leerders volgens die kurrikulum vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal moet ken.
Die HAT Afrikaanse skoolwoordeboek en die HAT Afrikaanse sakwoordeboek is in skole getoets en word deur onderwysdosente en ervare onderwysers vir gebruik deur huistaalleerders van graad 4 tot graad 12 en leerders van Afrikaans as eerste addisionele taal vanaf graad 6 aanbeveel.
HAT Skoolwoordeboek ISBN 9781770255951
HAT Sakwoordeboek ISBN 9781770257818
Back to top of page