image
Veel meer as net ’n woordeboek     
 
Tuis

Nuus

Katalogus

Kontak

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


image NUUSAfrikaansEnglish

NUUT! Die X-kit Essensiële gids: Afrikaans

Vir leerders en studente
  • Vir graad 8 tot 12 en verder
  • Vir Huistaal en Addisionele Taal
  • Ooreenkomstig die Kurrikulum
  • Propvol verduidelikings en voorbeelde
  • Wenke vir eksamenvoorbereiding
In samewerking met HAT.

Hierdie gids is die nuwe moet-hê-boek vir Afrikaans – met sorg saamgestel om alles te dek wat leerders van graad 8 tot 12 vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal moet ken. Vir Afrikaansstudente in hulle eerste jaar lê dié naslaanwerk ’n onmisbare grondslag.

In die tien afdelings van die boek word die inhoud duidelik en met behulp van kleur uiteengesit. Dit bied ’n volledige oorsig oor:

  1. Afrikaans se woordsoorte en hul funksies, spelling, woordvorming en woordeskat;
  2. die gebruik van woorde in sinne en sinne in paragrawe;
  3. register en styl, emotiewe en oorredende skryfwerk, stylfigure en klankverskynsels;
  4. kreatiewe en transaksionele tekste;
  5. luister, uitspraak, praat in informele en formele kontekste;
  6. leesstrategieë, begripsoefeninge, die maak van opsommings;
  7. woordeboekgebruik;
  8. literêre terme, poësie en prosaskryfwerk;
  9. visuele geletterdheid, en
  10. wat om in Afrikaans-eksamens te verwag en hoe om daarvoor voor te berei.

    Die X-kit Essensiële gids: Afrikaans is geskryf deur:

    • Marianne Peacock: onderwyskenner, Afrikaanseksaminator en ervare skrywer van handboeke vir leerders en onderwysers
    • Riana Scheepers: bekroonde Afrikaanse skrywer, digter en dosent
    • Tom McLachlan: taalversorger en taalkenner, lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Taalkommissie en medeskrywer van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS)
    • Rufus H. Gouws: professor in Afrikaanse taalkunde aan die Universiteit van Stellenbosch en mederedakteur van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
BESTEL

Stuur gerus enige kommentaar, voorstelle en wenke na HAT@pearsoned.co.za
Ons stel elke bydrae hoog op prys.



Woordeboek-
aktiwiteite


Engels
aanlyn


aanlyn-
blokraaisel