image
Veel meer as net ’n woordeboek     
 
Tuis

Nuus

Katalogus

Kontak

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


image NUUSAfrikaansEnglish

NUUT! My HAT Storiewoordeboek deur Linda Rode

My HAT Storiewoordeboek is ’n unieke voorlees-en-saamleesboek vir kinders van vier jaar en ouer. Dit is die opvolger van die suksesvolle My eerste HAT, waarvan die eerste uitgawe in 2009 verskyn het.

My eerste HAT bevat die eerste 1 000 woorde wat kinders behoort te ken wanneer hulle skool toe gaan. My HAT Storiewoordeboek bevat ook 1 000 woorde, maar woorde waarvan die betekenis moeiliker is om aan kinders te verduidelik: ”Mamma, wat is verdriet?”, “Oupa, Juffrou sę ek is miskien allergies. Wat bedoel sy?”, “Pappa, Christo sę dat ek my aanstel. Ek verstaan dit nie.” Om te verduidelik wat ’n hyskraan of ’n roltrap is, is nie so moeilik nie, maar om kinders se vrae oor abstrakte woorde en begrippe te beantwoord, verg soms heelwat dinkwerk en kreatiwiteit.

My HAT Storiewoordeboek is ’n ryk boek wat die taal en denke van kinders stimuleer. Elke bladsy is bevolk deur vrolike karakters waarmee kinders hulle kan vereenselwig: seerowers, dinosourusse, Indiane, sokkerspelers, meerminne, harlekyne, diere, kabouters, prinse en prinsesse . . . Die fantasieryke, dikwels humoristiese verhaaltjies en rympies – met groot sorg vir Afrikaanse kinders herskryf deur die meesterstorieverteller Linda Rode – sal by sowel kinders as hul voorlesers aanklank vind en interessante stof bied om saam oor te filosofeer. Want dinge wat grootmense vanselfsprekend vind, spreek in die węreld van die kind nie altyd vanself nie.

Ons hoop dat al die kinders wat uit hierdie woordeboek woorde gaan leer, eendag – wanneer hulle die “groot” HAT gebruik – steeds sal terugdink aan My HAT Storiewoordeboek.

BESTEL

Stuur gerus enige kommentaar, voorstelle en wenke na HAT@pearsoned.co.za
Ons stel elke bydrae hoog op prys.


Die A tot Z van
Afrikaans


Woordeboek-
aktiwiteite


Engels
aanlyn


aanlyn-
blokraaisel