image
Veel meer as net ’n woordeboek     
 
Tuis

Nuus

Katalogus

Kontak

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


image NUUS

Afrikaans se gesaghebbendste woordeboek - nou op CD-ROM

Afrikaans se bekendste woordeboek is vanaf Maart 2009 in elektroniese formaat (op CD-ROM saam met of sonder die papieruitgawe) beskikbaar.

Klik hier om e-HAT op jou skerm te sien: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

e-HAT 2009 bevat die volledige alfabetiese lys, afkortingslys en lys geografiese name met afleidings van die vyfde uitgawe van die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (vanaf dié derde druk met nuwe omslag word die titel tot Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal verkort). Set- en spelfoute wat sedert die verskyning van die vyfde uitgawe in 2005 onder die redaksie se aandag gekom het, is in die elektroniese woordeboek reggestel, en enkele verbeterings, in ooreenstemming met die Afrikaanse woordelys en spelreëls van die SA Akademie se Taalkommissie, is aangebring.

e-HAT 2009 is die eerste tree op die pad na ’n nuwe, sesde, verbeterde en omvattend hersiene uitgawe van HAT as spieël van eietydse Afrikaans, waaraan die werk met mening aan die gang is.

U kan ons hiermee help. Die redaksie van HAT6 nooi graag elke gebruiker om aan hierdie groot en belangrike Afrikaanse projek mee te werk deur gebreke en leemtes in die woordeboek onder ons aandag te bring. Stuur gerus enige kommentaar, voorstelle en wenke, of woorde ter oorweging na HAT@pearsoned.co.za

Ons stel elke bydrae hoog op prys.

BESTEL




Engels
aanlyn


aanlyn-
blokraaisel