image
Veel meer as net ’n woordeboek     
 
Tuis

Nuus

Katalogus

Kontak

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


image NUUSAfrikaansEnglish


’n HAT vir oud en jonk!

Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal gee sedert 1965 die toon aan vir Afrikaanse woordeboeke. Deur deurlopende navorsing en grondige ontleding van eietydse taalgebruik bied Pearson se span top-leksikograwe nou veel meer as net ’n woordeboek. Vanaf 2010 spog ’n groeiende reeks splinternuwe taalprodukte met die HAT-stempel van gehalte. Samewerking met top-taalkundiges, -dosente en -onderwysers, vakkundiges en belangstellendes oor die hele land verseker dat elke nuwe HAT-woordeboek ’n akkurater en gesaghebbender beeld bied van hedendaagse Afrikaans. Vir gebruikers van elke ouderdom – kinders, leerders en studente, onderwysers en dosente, taalwerkers en -liefhebbers – is daar ’n HAT wat Afrikaans vasvat. Besoek gereeld hierdie webtuiste vir nog inligting, of kontak enigeen van ons kantore om ’n HAT-werksessie vir jou skool te bespreek.

  • Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
    Afrikaans se bekendste woordeboek, vanaf Maart 2009 ook in elektroniese formaat (op CD-ROM saam met of sonder die papieruitgawe) beskikbaar. Lees meer.

  • HAT Afrikaanse skoolwoordeboek en HAT Afrikaanse sakwoordeboek
    Splinternuut vir sukses in die klas. Lees meer.

  • My eerste HAT
    ’n Uitsonderlike voorlees/selflees-woordeboek vir kinders. Lees meer.
Stuur gerus enige kommentaar, voorstelle en wenke na HAT@pearsoned.co.za
Ons stel elke bydrae hoog op prys.




Woordeboek-
aktiwiteite


Engels
aanlyn


aanlyn-
blokraaisel